Die Meisie sonder 'n Bra

Daar's nie taxis in my dorpie nie, wel daar is, maar dis nie die soort wat die Hollywood movies aan ons bekend gestel het nie. Dis bakkies wat 'gemodify' is, so 'n blink metal canopy vir beskerming teen die son en twee rye plastic bankies aan elke kant - Ek noem hulle 'squeeze-in seats'.
Daar's natuurlik staanplek in die middel as dit te vol raak, en ook agter waar 'n mens opklim - aan weerskante van die metaaltrappie - 'n kakkerige platformpie met hand railings, want as jy val, val jouself in jou moer in.

Die drivers, of soos hulle genoem word in Thailand: die 'Chauffeurs', is meeste van die tyd gepis. Bier of rys whiskey. R5 baie dankie, een vir my ook, asseblief.

'n Mens betaal net een fare vir die roete wat die 'taxi' ry; dit maak nie saak waar jy op-of afklim nie. Elke taxi is 'n ander kleur vir versklillende roetes.
Party taxi's is nuut, met genoeg beenspasie; ander is heeltemal fucked-up en mens kan skaars asem haal.

Vandag wuif ek vir 'n taxi om te stop.
'n Fucked-up groene, want ek's haastig op pad om my werkspermit te gaan hernu aan die anderkant van die treinspoor; ek's al weer drie dae oor, en sal seker weer 'n fokken fine moet betaal.
Dis OK, government officials moet ook die kans gegun word om smart te lyk en golf te speel.

Dis warm. Dis tien uur. In die oggend. Ek ruik nie meer te vars nie.
Van die kant af sien ek dat die trokkie darem nie te vol is nie; dinge lyk goed. Soos ek opklim, sien ek twee straatkinders staar na my. 'n Ou man is weggeskuil in die hoekie.
Ek gaan sit oorkant hulle op 'n verwaarlose bankie en hou hulle verwaarlose oe dop.
Dis nie lank nie of die kleinste een, ek skat haar so tien, vra my vir geld. "Het jy geld?"
Haar bene is te kort, en swing-swing so saam met haar vuil jeans en die walglike walms van die 'open-air taxi'.
"Ja, ek het, maar nie te veel nie. Hier's twintig."
"Baie dankie," se albei, en beplan hulle dag rondom die groen noot.

Die ander een is vyftien of sestien. Soos ons wegtrek, gryp sy aan die silwer handle bars, want die fokken drywer het die clutch gepop.
Ek verloor my balans en gly-gly ook so oor die cheap plastic bankie.
Die fokker kyk op in sy truspieeltjie en smile.
Net die ou man is penorent en steek 'n sigaret op.

Vir die eerste keer let ek op na die ouer meisie se haar klere. 'n Swart Mickey Mouse broekie wat geskeur is en 'n polkadot rooi spaghetti-strap toppie met 'n lae hals. Vuil.
Die wind kom op en lig een van die strappies op en laat dit pragtig oor haar bruin skouer hang. Sy smile skaam-skaam en trek die strappie op. Haar arms is vol letsels, skraapmerke en muskietbyt rowe.

"Kom na my huis toe," se ek, "Daar's ou klere en julle twee kan warm shower."
Ek weet ek praat te sag.
Ek kyk weg en druk my oorfone in my ore, so diep dat dit seermaak.
Ek kyk nie heeltemal weg nie, maar ek herhaal nie my woorde nie.

Snow Patrol se 'Chasing Cars' begin speel en ek hou die kinders dop.
Die kleintjie trek 'n roof van haar voet af, en hang dan haar bolyf oor die kant van die bakkie. Haar David Beckham Manchester United hemp is 'n indikasie van hoe lank sy al die hemp dra. Dis 'n sif.
Soos haar kop beweeg, neem ek aan sy hou die wit lyne dop.

Ek is bewus van die ander een se oe op my; sy kyk weg as ek oogkontak maak. Selfbewus probeer sy haar kaalvoet-apache-pink-toenaals ('n patchie hier en 'n patchie daar) wegsteek agter 'n Coke blikkie. Haar arms is nou oor haar borste gevou; ek dink sy's skaam want sy het nie 'n bra aan nie. Terselfde tyd probeer sy vashou om te keer dat sy nie verder afgly nie, maar dis onmoontlik, want die chauffer floor die bakkie en die fokken wind waai en die kind het nie 'n fokken bra aan nie en sy moet vashou of sy val haar in haar moer in op die wit lyne wat haar suster met die bloedvoet dophou en die toppie wapper in die wind en dis net tieties en skaamte.

Die lig is rooi.
Dank God.
Die chauffer se voet is swaar op die brieke en die ou man stamp sy kop teen die metal railings.

Die kinders klim af en die meisie sonder die bra gryp haar suster se hand en loop weg sonder om te betaal.

"Hey, julle het nie betaal nie!" skree die dronk driver.

"Want jy ry kak!" skree die meisie sonder die bra.

0
Your rating: None

Comments

Ramona...

Those tuk-tuk are something else. Tehy make our taxi drivers look like saints.

How is it that men will notice a women without a bra on but won't notice that you had a haircut?

Because, Flutter,

hair is just not as important as you think it is ;)

ramon

your words are a bloody visual smorgasbord. i ate this story, gobbled up the words and the images like a hungry child.

i'm so fekking thankful that i'm not the only bleeding, inhaling torture artist that SEES these things, that wants to stop on the roadside and give my cloak and umbrella away.... shredded because an old woman - somebody's nana - must walk in the rain - i'm just always too afraid to voice my intention to those with me... involve them in my 'mission'.

that sort of thing just isnt done.... they dont breathe the same air - arent ill, like me, with the foulness of the moment. god help me, i guess i am just another 'emo' - finding the sickness and injustice in everything.

you have a beautiful soul ramon. yes indeed. a fecking beautiful soul.

Morts,

I shouldv'e done more, you know?
Luckily my wife knows where they beg, so I'll make a plan.
My mission for the holiday.
And thank you.

Ramona.

you good man. And you Morts. Only, like, a woman.

Sometimes, just acknowledging the people who live on the edges; seeing them, really seeing them and offering the dignity of that acknowledgement, a smile, a greeting, is enough. Here, the folk who don't even look out of the glass windows of their 4 x 4s really piss me off.

Dolce.

Thank you, those words help.
I feel much better.
I couldn't sleep last night; they're just children.

Ag Ramonaberry

I know. I know.

Isn't it incredible how they still have a smile, a laugh, even when you know how utterly kak their lives must be?