Elke aand trek hy die masker af,
en sit dit neer op dieselfde plek -
net soos elke keer -
op die glaskassie langs die bed,
langs die swart boek vol stof.
Hy val op die bed en kyk gou rond,
sy is langs hom, op dieselfde plek -
net soos elke aand -
en kyk eerder op na die bruin vlekke wat
hang tussen die spinnerak-dans plafon.
Ewe skielik praat sy met die man:
"Hoekom dra jy daai masker?" -
haar stem klink anders -
eers skrik hy, want hy ken haar skaars,
maar hy ignoreer haar, want hy kan.
Maar die man kan nie slaap nie;
sy gesig is koud en kaal -
die stof maak hom siek -
hy sit op sy masker en loop deur die huis,
na die kinders se kamer, net skuins langs die kombuis.
"Slaap julle al, slaap julle al weer?"
Alles is koud en alles is stil -
'n fokken hond blaf natuurlik in die verte (daar langs seven-eleven) -
Hy voel-voel vir die warm liggampies,
maar die beddens is koud en die beddens is leeg.
Comments
ramon,
this is chilling...
and not in the relaxed sense!
Thank you for reading, marijayn.
It is. Rather.
I only read it now for the first time since last night.
Ja Ramon...
Scary this one... creepy even. Still trying to work out all the interesting bits of imagery - will read it a few more times.
Cheers, Flutter
Appreciated, as always.
Arbie, this is for you...
http://www.rieme.co.za/woordeboek.asp?l=1
Um....thanks MJ girl...but while you're at it...
Frallie has suggested I start with an English dictionary....I'm on D...at the moment....dab, dabble, daborchary (ooooh...like that one)....;)
Arbchicken
*sie*
Thart ward iz spelt debwhorechary.
Grrrrrrr Frallie!
Don't mess with me before I've had AT LEAST 3 cups of the caffeine.
Arbchicken
You don't scare me one little bit. :p
Good Frallie
I'd hate you to die with fear in your eyes.
Wahahaha Arb.
Um yes. You are one of the more sensitive creatures I've known in my life. I'm off to work... so have a good day now.
what dictionary you got arbs...
that spells daborchary like that? ;)
MJ...touche chicka
*arb bares teeth*